Jerusalem
stad wat my bekoor van kindtyd af
stad van geskiedenis
vierdusend jaar oud
stad met poorte
waar ‘n kameel in kan gaan
stad van wit klip
oor dale en heuwels gevom
stad met vele kulture vervleg
goue koepel van moslem
klaagmuur waar
briefies gebere word
deur pelgrims van verre land
plek van via della rosa
waar christenkind
gedenkstap doen vir golgota
se heuwel wat aandui van
christenskap se geboorte
uitgrawings oral gedoen
kleine winkels vir bestaan
soldate lenend op straathoeke
gereed vir geweld
wat opvlam in oomblik
wit stad gebou met klip
dit is aardse Jerusalem
No comments:
Post a Comment