Koestervrou
al lankal wou ek ‘n
gedig skryf vir jou
n gedig oor koestervrou
dit talm in my kop
om die een vir jou te
skryf
net reg vir jou
as ek aan jou dink as
koestervrou
dan druis die gevoel in
my op
van ek wil my arms om
jou vou
en jou koester teen my hart
as ek aan jou dink is
dit soos
vir my jonge kind wat
ek kyk as hy slaap
daai gevoel van koestering
wat ek ervaar oor jou
ek wil jou toevou maar
nie versmoor
naby aan my hart vir
ewig en altyd
as jy met jou hande biddend
voor jou gesig le en slaap
dan weet ek
dat ek jou koester in
my hart
daar het ek dit geskryf
in woorde onbetwis
oor jou my koestervrou
daar is geeneen
wat ek kan koester soos
vir jou
No comments:
Post a Comment