Wednesday, July 30, 2014

Geluk

Geluk

geluk is om
‘n soen te kry voor werk
om wyn te drink saam met jou
voor ‘n kaggelvuur

geluk is om
vir jou te mag se
ek is lief vir jou

geluk is om
vriendelik gegroet te word
as ek by jou kom na lange moeisaam dag

geluk is om
saam met jou wakker te word
met bossiekop hare
en te weet jy is my koestermaat

geluk is om saam met jou
na sonsondergang te kyk en te se
dit is baie mooi.

geluk is om uit hospitaal te kom
en te weet
ek het dit gemaak

geluk is om saam met jou in tuin te werk
en terug te kyk na wat het ek bereik

geluk is om
kinderlag te hoor en te weet
jou kleinkind is lief vir jou

geluk is om
n gedig te kry en te weet dit is vir jou

geluk is om
saam te bid voor ek gaan slaap
en by opstaan weer dankie te se
vir ‘n nag se rus

geluk is om
n sms te kry wat se
ek is lief vir jou

geluk is om
klein herinniringe te he van dinge saam gedoen.

Geluk is om
jou te bemin soos nog nooit ervaar

geluk is om
saam met jou te wees
vir altyd en altyd
jy is my vriendin



No comments:

Post a Comment