Saturday, July 26, 2014

Clarens o Clarens

Clarens O Clarens

vreemde naam kom vestig
hier by die sandsteen kranse
oordek met lava rots van oertyd
by die plek van boesman se land

boesman of khoi san soos nou genoem
trek inspirasie deur die vrugbre aarde
wat voorsien met eland
op sy voorstoep van sy holkrans

inspirasie om te teken van die jag
inspirasie om te teken van die trans- dans
die tafereel van die lewe
vasgevang op die mure van die holkrans

later mens kom na Clarens
om te soek na die inspirasie
van eensaam khoi san van die holkrans
om ook te kan teken soos hy

later mens kom na Clarens
om die kuns van teken te kom leer
geinspireer deur die decor geskep deur God
 van boom en windpomp
langs mekaar
ge - ets teen sandsteen berg

gaan ek ook teken – in my ateljee

No comments:

Post a Comment