Al my liefde
al my liefde skenk ek aan jou
ek skenk dit soos
waterstrome wat oor
jou giet na lange droogte
onbevange verklaar ek aan jou
dat jy my groot liefde is in my lewe
niemand anders kan ek so liefhe soos jy
die gevoel wat ek vir jou wil vertel
is een van soos na ‘n warm stort
in koue winterdag
een van behaaglik vrede en gevoel
van skoon wees en warm
toegevou in my liefde
omarm en snoesig
vou ek jou toe
in al my liefde
wat kan jy doen met hierdie allesomvattend liefde?
jy kan dit aanraak
deur daarvan te droom
soos jy kyk en aanhou kyk met jou eerste ring
omarm dit op ‘n kleine skaal
tot dit groei tot
n verstaanbare allesomvattende liefde
al my liefde skenk ek jou
No comments:
Post a Comment