Sunday, July 27, 2014

Mosaik

Mosaik van die liefde

my mosaik van die liefde
lees

ek is lief vir jou
gegiet in 'n  hartpatroon

dit is gevorm

deur stukkies glas en spieel
brokkies klei
gebreek en skerfies
wat geplak is tot ‘n prent

 


al die flenterjies

het saamgespeel
om die prent te word
wat vir jou kan se wat ek voel


dit het geword
‘n bankie wat buite kan staan
wat nie verdof nie
wat glansend bly
al is dit in stukkies

 vorm dit ‘n groot geheel

n bankie wat die rusplek is vir my siel

my mosaik van die liefde
lees


ek is lief vir jou

1 comment: