Voorwoord
Hierdie
bundel is saamgestel oor jare. Jare wat verby is en wat elkeen iets beteken het
vir my. Jare wat ek saamgeleef het met mense en hulle ervaar het.
Hoe het dit
gewerk? Eers het ek net geskryf om gedagtes neer te pen. Later het dit meer geword,
want ek het nie meer gebuk gegaan onder die gedagte “ jy is nie goed genoeg
nie.”
Mettertyd
het ek dit sommer op my foon opgeneem . Dit het ek teruggespeel en soms vir
ander mense daarna laat luister .
Wat
verbasend was, was dat ek agtergekom het dat mense anders reageer teenoor my.
Hulle word geroer deur my woorde. Skielik kyk hulle anders na my.
Alles is nie
werklik nie, maar ook soms verbeeldingsvlugte van my gedagtes. Ander is weer
werklik – seermaak werklik.
Baie keer
het ek skrywes deurgehuil in die middel van die nag. My neus en trane het
geloop.
Inspirasie
kom sommer vanself. Soos een oggend toe ek werk toe ry. By die hek het ek
gesien hoe grawe ‘n vrou met ‘n babatjie op haar rug in ‘n vullissak. ‘n Ander
keer het ek gesien hoe ‘n vrou met krullers in haar hare en ‘n sigaret in haar
hand ‘n vullissak uitsit. Die twee beelde het inmekaar gevloei. Die gedig “asblikmensies”
is gebore.
Die geluk
met my skrywes is dat dit myne is. Niemand kan dit verander nie. My briewe en
ander artikels wat ek skryf moet altyd taalkundig versorg word, maar hierdie
bundel is my kuns. Hoe goed of swak dit is.
Inspirasie
is waaruit my lewe nou bestaan – dit
maak dat ek sommer gou en eensklaps iets kan skryf.
Die woorde
vloei uit my en stapel neer op my papier. Ek verstaan nou eers wat inspirasie
is. Wanneer ek na ‘n verfkunstenaar kyk, besef ek hoe spesiaal inspirasie is. Jy moet
‘n ateljee he waar jy jou kuns kan uitleef. My ateljee is sommer in my kop.
Die liefde
is my onderwerp, want ek het eers laat in my lewe ontdek wat liefde werklik is.
Nou weet ek
onomwonde – ek wil by jou wees – daarom dra ek hierdie bundel aan jou op sodat
jy dit altyd het en weet: Al deel ek dit
met ander, is dit net vir jou, daarom is die bundel se naam “gedigtevirjou.”
Geniet my
gedigte, want ek weet dit is iets wat jy lees en jou laat sug en se “dit is so
mooi!.”
DiDi die Versieboer