As ek moes kies tussen
god en mammon
wat sou ek kies?
Die antwoord is maklik
dink ek gou
natuurlik god
maar dit is toe
nie so maklik nie
verskuild kom mammon
in snaakse gedaantes
onherkenbaar vermom
wolf in skaapklere getooi
se die spreekwoord
ek weet nie eers ek word
getoets nie
ek sien dit nie raak nie
ek dink dit is die pret en plesier
wat rondom my is
wat belanģrik is
dit is mos nie mammon nie
niemand gun my geluk nie
is my kreet
Skille op my oe val weg
en heldere blik ontstaan
nou kan ek beter sien
wat die toets was
die toets wat ek deurstaan het
die toets wat my laat kies het
tussen God en mammon
die toets wat ek in harde
werklikheid moes voltooi
No comments:
Post a Comment