Sunday, January 31, 2016

Die dril


Die dril

dash down crawl observe sights 
fire
is die dril in my 
wanneer ek vuur
trek
is dit wat ek moet doen

dink nie meer daaroor nie
doen dit soos outemaat
want dit is al hoe ek kan
oorleef
waneer ek vuur trek

die buddy buddy system
is deel van my
sodat. ek sal oorleef
tydens vuur en beweging
om die vyand te kan wen

in boslaan leer ek om
dubbelskote te skiet
soos die sammajoor se
tap tap
tap tap
wanneer ek en my buddy
vorrentoe beweeg

tel jou skote een vir een
want jou magasyn het net
twintig rondtes
draai n ander magasyn 
onderste bo getape
sodat ek maklik kan ruil

storings moet ek blitsig kan
uitsort
want my lewe hang daarvan af
om my kettie aan die gang te hou

die dinge is my ingedril
sodat ek kan oorleef
in die hitte van die stryd
van oorlog maak

No comments:

Post a Comment