Sunday, January 3, 2016

Jy is na stylvolle man

Jy is n stylvolle man

Sy kyk my vas in die oe
en se jy is n stylvolle man
en ek wonder hoe 
weet sy dit

Die mikrofoon fluit
toe sy begin praat
kalm bly sy uiterlik
maar ek wonder
hoe gaan dit
binnekant

later het ek verstaan
toe ek haar beter leer ken
sy klink vir my geel
volgens haar definisie
sy is ook n pastoor

en ek sien sy dra nie n ring nie
iewers was daar ook n seer
sy begin met Meraai se storie
vertel van paarl perly
en van doop
later word paarl perly
oros
die skare geniet dit

die tweede storie
gaan oor haar eerste lewe
in die wereld van verkope
wat sy in presteer
tot op n dag wat haar
ondergeskikte
by die deur omdraai en se
ek wil nog net..........
Toe leer sy van die 
temperaments model
en die skille val van haar oe
en sy kan die Here beter sien
sy kom agter wat is die regte
doel van haar lewe.

Die derde storie is een van die
drie beertjies
wat eintlik meer was
n lekker aanslag en die mense
geniet dit
want hulle verstaan ook van
brylcreem en morris karre
en wat dit is om arm te wees

tog sien ek die mens in haar
want toe sy klaar was
waar niemand gekyk het
sien ek die trane wat
afgevee word na die sessie

my lewe is ook duideliker
want ek het al baie instrumente
gedoen
van joharivenster deur belbin
disc en alles en nog wat
hierdie een is die eerste een
deur n geloofsvenster
wat dit anders maak

dit gee my ander perspektief
en die skille van my oe word
los al is dit nog nie af.

sy kyk my vierkant in die oe
en se jy is n stylvolle man
sy weet nie regtig 
van my nie

maar sy weet instinktief
deur haar ervaring
en kon my opsom
in breukdeel
met die woorde
jy is n stylvolle man


No comments:

Post a Comment