Saturday, October 25, 2014

128 Die Skoolkonsert

128. Die skool konsert


dit is weeer tyd vir die skool konsert
nou genoem met die hoge naam
van revue 2014

gesiggies van die kinders
Is vol van vreugde  op die verhoog
die stoute “engeltjies” is nou anders
hulle werk saam en
dit is een groot spel van sang en dans

ouers is daar met telgies op die heup
almal is hier om vir sussie en boetie te sien
en n traan te pik, want die is nou mos groot genoeg
om te kan doen revue  2014

die beligting faal, musiek is weg
onderwyser waai en beduie
kinders vat die noot en die oomblik is gered
almal klap hande want die kinders
het kop gehou en gesing vir die vale

die muis draf op en af en sing van die broodplank
wat ek onthou as die boardwalk
toe ek nog jonk was, die memories kom sommer terug
en ek wil weer jonk wees

ai die kinders word nou groot sug ek
kop knik en waai doen oupa en ouma
selfoon fotos word geneem
om revue 2014 te herleef keer op keer

meneer se dankie, wonder wie het hy vergeet
revue 2014 is vir eers klaar

maar ons sal kinder gesiggies altyd bere in ons kop

No comments:

Post a Comment