Sunday, September 6, 2015

Towenaar van my hart

Towenaar van my hart

Na worstelnag het ek 
na jou gegaan met 
vaste wete
dat ek jou moet se dat
ek sal moet gaan

Met moeite tot die besluit
gekom
want sien ek het jou liewer
as myself

soos jy weet 
my droomvrou is tog jy
My rede is geen ander man
dit het net geword n lee bestaan
sonder koestering 
en eensaam tyd

die tyd saam met jou
is net oppervlakkig
met lippetaal van ek het jou lief
maar koestering
is nou  n veraf droom

die towenaar van my menswees
gryp my vas
en dop my om
maak my alles weer vergeet
ek kyk in daai onpeilbare oe
en sy se 
jy weet mos ek is lief vir jou
ek wil nie sonder jou wees

snaaks genoeg glo ek haar
want sy kon tog se
laat jy gaan !!!

sy koester my skielik
soos net n vrou kan
en ek is verstom en bly
dat sy my wys dat sy omgee
deur daad bevestig

Hoe nou vorentoe is 
die volgende vraag

al wat ek dink is dat ons
moet praat om dit te bestuur
die opskerping moet doen en nie
sommer aanvaar
dat dinge nie verander het nie
al het die gevoel nie verander nie.

nou wil ek weer vorentoe gaan 
want hoop het nou weer plek gevind
want my towenaar betower my weer.


No comments:

Post a Comment