Sunday, September 6, 2015

My hart se punt

My hart se punt

Ek het nie geweet dit is 
so lekker om ouma te wees nie.
omdat hulle ver is
en ek net af en toe
oums kan speel
is dit ekstra spesiaal
vir my

Daar is nog een oppad
en dit is sommer dubbel
bederf ek kan amper nie 
meer wag nie

Ek kry maklik n verskoning
in n winkel om iets te koop
vir my hart se punt

dit is en bly vir my lekker
die kleertjies vir die nuwe
een wys ek vir almal
en oooo sug elkeen 
dit is so klein brom die mans
dit is so fraai
kraai  die vroue

daar gaan weer havoc wees
die week maar ek gee nie
om nie
my kleinste is weer by my
al is dit net vir korte rukkie

my foon gaan weer 
kreun van al
die fotos maar dit
maak vir my lekker
memories
wat my eie
koestertyd word

dankie my Heer vir die groot
genade
en aan jou my dogter
kan ek se 
ek is baie lief vir jou


Towenaar van my hart

Towenaar van my hart

Na worstelnag het ek 
na jou gegaan met 
vaste wete
dat ek jou moet se dat
ek sal moet gaan

Met moeite tot die besluit
gekom
want sien ek het jou liewer
as myself

soos jy weet 
my droomvrou is tog jy
My rede is geen ander man
dit het net geword n lee bestaan
sonder koestering 
en eensaam tyd

die tyd saam met jou
is net oppervlakkig
met lippetaal van ek het jou lief
maar koestering
is nou  n veraf droom

die towenaar van my menswees
gryp my vas
en dop my om
maak my alles weer vergeet
ek kyk in daai onpeilbare oe
en sy se 
jy weet mos ek is lief vir jou
ek wil nie sonder jou wees

snaaks genoeg glo ek haar
want sy kon tog se
laat jy gaan !!!

sy koester my skielik
soos net n vrou kan
en ek is verstom en bly
dat sy my wys dat sy omgee
deur daad bevestig

Hoe nou vorentoe is 
die volgende vraag

al wat ek dink is dat ons
moet praat om dit te bestuur
die opskerping moet doen en nie
sommer aanvaar
dat dinge nie verander het nie
al het die gevoel nie verander nie.

nou wil ek weer vorentoe gaan 
want hoop het nou weer plek gevind
want my towenaar betower my weer.


Die soldaat

Die Soldaat


die stoomtrein blaas sy
bolle stoom oor die
perron
die kondukteur blaas
sy fluitjie
die masjinis antwoord
oorverdowend met die trein
se fluit

sy staan op die perron
truitjie swart en wit
om vir my goebaai te se
want ek gaan weg
my trommel balsak en geweer
is gepak in die kompartement

ons kan mos nog vriende wees
was haar laaste woorde
asof dit nog belangrik is

in my kop wonder ek
want my sheila se ducktail wag
op sy bike vir haar
om te kom
vir hulle volgende avontuur

die trein stoom uit met
n lang fluit
die waens ruk
en ons weet ek is op pad

by die fonteinedal dwaal my gedagte
na my sheila
waar ek en sy gekuier het
toe ons nog gekys was

gou is dit agter en hoe verder
ek gaan 
vervaag my gedagtes
al hoe meer
terwyl die bike voortsnel
weg van my
my sheila word net
n hersenskim

met elke klop van die
spoor is ek op pad
weg van my sheila
en haar nuwe avontuur
klouend aan haar ducktail
om nooit weer te sien
nooit weer hartseer
te ervaar
vir altyd en altyd verby

maar die einde is dit
nie vir my
want n nuwe oorlog le
nog voor
voor die laaste taptoe
sal speel

in my bunker wag ek vir
laaste lig
meteens is my sheila daar
waar ek le met my R1
en my helmet
en onthou ek
van my liefde
vir haar

terwyl die son sterwend
daal
dit is al