Saturday, October 25, 2014

27 Met draad en pale

27. Met Draad en Pale

word my bestaan geruguleer
want die geklap
van ‘n skoot en
die gekap van ‘n byl
het alles omgekeer

my modderpoel is nie meer
een van my maaksel nie
maar die van
‘n mensekind

wat dink dat ek dit sal waardeer
ek vat dit maar
 want daar is niks anders
weeskind is ek uitgelewer
aan geweer.

slagoffer gedwing
agter draad en pale
goed bedoel
 maar nie my wil

my wilde siel is nou
die van bees
want ek is nou die
teeldier van die mens

om mammon nog
 beter te dien  by
 spogparty in verre land
waar vreemde mens my

beskermingshoring
gekaap het vir
vreemde ritueel en valse krag
 gedoem bly ek nou
agter draad en paal


125 Die Chopper pilot

125. Die chopper pilot
die son flits op die chopper pilot se helmet
soos hy stap na sy chopper
op die aanloopbaan van die bos
hitte golwe al swewend in vroee dag

sy groen oorpak is sakkerig
met plastiek op die regte plekke
waar kaart of notas gevind kan word.

stadig draai die lemme
met al vinniger crescendo
binne het raakvat vingers al die regte
skakelaars gevat met liefderyke hand

die troepe kom nader en is paraat
gebukkend om te klim in buik van die groot naaldekoker
gereed om te gaan
na die drop zone en RV  om die vyand uit te haal

die chopper tilt vooroor en lig sy stert
beweeg vorentoe en draai
 op kompasroete soos gebrief

die son kom op en die formasie kry sy koers
die ry van choppers is in gelid
die roepsein is kort en net wanneer nodig
radiostilte word verwag.


die chopper pilot is gereed
om sy vrag te drop soos beveel.
die chopper pilot moet nog gaan haal
vir die tweede sortie van ndie dag.

die verassingstyd is verby want die troepe is afgelaai
die choppers draai en gaan weer terug terwyl
die grond aanval sy vorm vat.

tyd vir casevac is nou baie groot
want net chopper kan gewonde troep uit gaan haal
ops medics word afgelaai
en verrig wonders op die grond.

staf dwarrelend onder rotors
daal die chopper neer
die flight engieneer wys met handskoen hand
waar om te land.

die beseerde troep met sy dayglo hoed word opgeraap
en gecasevac na die veldhospitaal
waar dokters hom red van sware lot

die aand skemering daal iewers in die bos
en die chopper land na die dag se taak
Avtur reuk hang in die lug
die chopper pilot kyk vir oulaas terug

en weet ek is n chopper pilot van die bos

128 Die Skoolkonsert

128. Die skool konsert


dit is weeer tyd vir die skool konsert
nou genoem met die hoge naam
van revue 2014

gesiggies van die kinders
Is vol van vreugde  op die verhoog
die stoute “engeltjies” is nou anders
hulle werk saam en
dit is een groot spel van sang en dans

ouers is daar met telgies op die heup
almal is hier om vir sussie en boetie te sien
en n traan te pik, want die is nou mos groot genoeg
om te kan doen revue  2014

die beligting faal, musiek is weg
onderwyser waai en beduie
kinders vat die noot en die oomblik is gered
almal klap hande want die kinders
het kop gehou en gesing vir die vale

die muis draf op en af en sing van die broodplank
wat ek onthou as die boardwalk
toe ek nog jonk was, die memories kom sommer terug
en ek wil weer jonk wees

ai die kinders word nou groot sug ek
kop knik en waai doen oupa en ouma
selfoon fotos word geneem
om revue 2014 te herleef keer op keer

meneer se dankie, wonder wie het hy vergeet
revue 2014 is vir eers klaar

maar ons sal kinder gesiggies altyd bere in ons kop