Die aanval voorbereiding
Die lappiespomp laat waai met diesel
In die ratel dieseltenk
Skiuim borrel om die prop
Die reuk van diesel is bekend
Die sandmodel en lug fotos is bekyk en bepraat
Sodat elke stelling is bekend
Oor en oor is die aanvalsplan
Gepraat en geoefen sodat elke soldaat
Weet van vyand se plan om weerstand te bied
Ammunisie word gelaai
R5 magasyne getape sodat
Dit maklik geruil kan word
Opgebom is wat die commanders wil hoor
Pantserkarre is gecheck
Checklist is deurgehardloop
Elke ding is op sy plek
10,20 en 30 vertel vir 0 hul is gereed
Om voor eerstelig weg te wees.
Om vyand te verras met skokaksie
Tydens eerstelig
Lugsteun is voorbereid op aanloopbaan
Art steun is gereed vir die veggroep genoem
61 Meg