Soekend
Op soek na my goudrif staan ek hier
My oe turend na die verte
Op soek na my diamantpyp staan ek hier
My oe turend in die verte
In my wingerd staan ek hier
My oe turend in die verte
Op soek na my geluk staan ek hier
My oe turend in die verte
Op soek na my sielvrede staan ek hier
My oe turend n die verte
Op soek na my lewens sielsgenoot staan ek hier
Turend in die verte
Tog het ek ‘n hunker
‘n wanderlust
Om die horisone te verken
Sonder my kettings van hier
Ek soek na die prêt en plesier van verre land
waar ek kan sien wat om die volgende bult le.
Gaan ek dit kry is die ope vraag
Sal maar sien
Vat dit dag vir dag
Soos ek gaan
Gee my ruimte
Is my kreet
Sonder die bande van nou en hier
Ek wil doen wat ek kan voor dit te laat is
gee nie om wat is die gevolge
want ek is op soek na goud diamante en geluk
Wanneer sal ek dit kry
Waar sal ek dit kry
By franse, engelse of boerhart
Weet ek nie
Solank ek dit kry
Dat my siel kan verstil
Dat wanderlust is verby
En my klatergoud
Kan word
Die rustige diep rivier wat my siel vertroos
Voor die einde kom