Sunday, August 30, 2015

Versieboer se laaste gedig

Versieboer se laaste gedig

Die donker slae van
 push me to the floor
slaan in golwe
oor my
waar ek in. dieptes
van smart le

Stadig tel die heilige
gees my op
en begin om my
heel te maak

ek word stukkie
vir stukkie heel
my lewe
gàan voort
soms baie met 
God
soms minder met
God

my sus gaan dood
en my moeder
treur soos ek
onbedaarlik bly die
smart

Vreugde het ook gekom
my seun het bedaar
my dogter het getrou
en n kind gebáar
al het die 
gehyg na lug

nou is dit weg
die Heer het my weer gered.
en vandag is hy my hart se punt

liefde het ek gejaag
in die verre kaap
het ek gesoek
sonder ophou
vakansie na vakansie
maar dit het nie gewerk nie
in my nabyheid. het
versieboer sy liefde
verklaar

dit is nie wat ek wou he nie
en ek het avontuur
gesoek en n ryk man
gekry
met bikes en karre
ons het lekker getravel
en memories gemaak
wat ons bymekaar hou
ek kan hom nie drop nie
verskonings sal ek bly vind
om hom te behou
want hy is my backup
vreugde het weereens my
deel geword

met my projek 
wat sukses op sukses
lewer
die Heer sorg nog
vir my dag na dag

net die liefde
is ontwykend vir my
sal dit bly jaag
omdat ek n wilde loot is
want dalk sal ek dit kry.
na lange jare is ek
klaar met alles wat ek
elke dag ken

my nuwe lewe gaan begin
nou kan ek my uitleef
saam met God

Versieboer het nou getrek
na twyfelfontein
om sy laaste gedig te
skryf oor die liefde
wat hy verloor het.


Die daeraad wink
nou vir my
met belofte van sukses
weereens
was die Here getrou

Verwerping

Verwerping

Hoe loop hierdie saak?
as kleine kind
het my ma
en soms my pa
net weggegaan

en ek het
nie verstaan
as ek hul.nie sien nie
het ek onbedaarlik
gehuil
want ek kon nie
praat nie

ek kon nie vra nie
waar is julle nie
daar is vir my gese
hulle is meeting toe
nugter weet op my
ouderdom
wat n meeting is

so het die lewe
aangegaan
na n tyd het ek agtergekom
dat hulle weer terugkom
wat my baie bly
gemaak het

hoe groter ek geword het
hoe beter het dit
geword

die grondslag vir
verwerping vrees is
egter vasgele
deesdae word dit
skeidingsangs
genoem
as ek so vasklou
aan my ma en pa

nou is ek n grootmens
en my kindervrees
is nog by my
dit is nie so
akuut soos in
kindertyd
maar ek ervaar
verwerping vanaf
n geliefde net so erg
maar versteek dit
beter

wat moet ek doen
as ek verwerping ervaar?
moet ek maar net bid

of moet ek iets anders
doen?
moet my nie los nie
is die kreet
want ek is regtig lief
vir jou
 ek moet net
eers ander plesier ervaar
al raad wat ek het
moenie huil soos kleine
kind

ander raad wat ek het
moenie vasklou soos kleine
kind
of dit gaan werk sal ek nie
weet

jy alleen sal weet wat
jy moet of kan doen
wanneer verwerping
weer toeslaan

die voordeel nou
is dat ek darem kan praat
een ding weet ek
verwerping bly n bliksem
klein of groot


Koestertyd

Koesteryd

Koestertyd gaan tog so gou verby
waarom is dit so?
wat is koestertyd?
dit is die tyd
saam met jou
die tyd wat ek na jou
staar wanneer jy slaap

die tyd wat net
myne en joune is
waar ander nie welkom 
is nie

Dit is die tyd van memories
maak
memories net van my en jou
op plekke wat net ek en jy
van ken

koestertyd is maat wees tyd
tyd wat ons skep vir mekaar
wanneer koestertyd gaan
begin die liefde ook taan

maak tyd vir koestertyd
want anders gaan jy
skielik vind
dat alles is verby

jy gaan wonder wat
het gebeur
dan is iemand anders

koestermaat.
koestertyd is kosbaar
want dit kan so skaars word
want ek dink mos
dat liefde kan klaarkom
en bly bestaan sonder 
koestertyd.

Koestertyd is die nektar
van die liefde
dit versterk en bou die
liefde en word die boustene

waar ek en jy
deur saamwees
die toekoms kan bou.

Sorg mooi vir
koestertyd
en liefde sal uitwerk
weet ek nou

Versiboer se pen

Pen wat stil geword het

Wanneer versieboer se
pen nie meer skryf nie
is daar onsteltenis
daar daal n gevoel van
"n era het ten einde geloop"
op jou neer

Wanneer jy as soldaat
begrawe word
speel die laaste taptoe
en n traan word
weggepik
oor n lewe wat onherroepelik
verby is

Met versieboer se pen wat
stil word is daar nie
n kaaste taptoe nie
dit is net n swanger
stilte wat heers
en jou inhaal

 al gaan jy waar
n stilte wat jy die hartklop
in jou ore voel
en jy wonder wat het
gebeur
hy is dan nie dood nie
wat is dan fout
daar is nie n begrafnisbrief
wat jy in die
asblik kan gooi nie

Dan begin dit deurdring
die inspirasie is daarmee
heen
net fladderende papiertjie
is oor
met niks opgeskryf nie
versieboer is sonder sy
pen en papier maar dit
is nie die fout nie

sy inspirasie wat koestertyd
insluit het hom verlaat
vir ewig en altyd
en die laaste taptoe
sal nie speel nie

versieboer het sy laaste
gedig geskryf
en slegs inspirasie
sal dit weer na vore
bring

net soos die skilder
se kwas wat stil geword
het ook daarvoor wag


Nottingham Road

Fort Nottingham
Fort Nottingham is
die rede vir die
naam van Nottingham Road

Op sy
eindpunt sit die fort
omdat dit Zululand is was die
fort gebou om die
Zoeloe impies te help
beheer

Lt Col Ian Butler van die 
Kings Own Fussiliers
was in beheer van die
fort toe dit gebou was
in 1870

Hy het die fort vernoem na
sy hometown in die
Great Britian van daardie
tyd 
waar hy sy lady gelos
sodat hy die Zoeloes n les  kom
leer hier in Zoeloeland

Vandag is Nottingham road
n plek waar shoppers
kom om hulle gaar te koop
van tierlantynjies tot bier
wat hulle uitsuip soos 
n hanslam sy ma uitsuip as
die boer nie kyk.

daar gaat ons 
se die witkop
soos sy dartel van een winkel  na die
ander
van een junction na die volgende
en met geen gedagte aan die
pyn en lyding aan die 
die Lt Col wat die fort moes
 bou.

kleinste is gelukkig en tevrede
want hy kan speel na hartelus.
op die speelparkie
van die junction
terwyl pa en ma hom dophou
met n oog want hy is wild vir
sy ouderdom op die swaaie

die rede vir al die aksie
is die plek met die naam van
Nature Villlage

Sy wat droom van dwergies en 
feetjies in Switserland
is die nuwe koningin van shopping
en almal moet in Anton se koets
spring om haar koninkryk te verken

sy het besluit om haar prinses
in die geheimenisse
van shopping te leer op die
Nature Village manier en so gese
so gedaan

die verkenning is nou klaar
al wat oorbly
is die werk
om Nature Village
te vorm na haar droom.


My vriend

My vriend


op haar sterfbed
prewel sy
"kyk na hom
my vriendin"

dit gebeur toe
maar dit was te gou
sy was self stukkend
en hy het nog getreur

tog was daar vriendskap
gevorm oor jare
saam gewees
en almal het
gedink dit gaan werk
tussen wewenaar
en haar

sy het besef dat hy
nie die een bedoel is vir
haar nie

sy brand nie brue nie
en het hom behou
as vriend in haar hart
saam beleef hulle
 die geestelike
dimensie
van kerk en sel
dit help vir hom en haar

hy het baie seer
met kinders
verward oor die
lewe
sonder ma en vol
vrae

nou op die laat staduim
van sy lewe
het mammon hom beroof
hom van alles gestroop
waardigheid en kontant

sy gee hom nuwe
lewe
n belofte van weer opstaan
van n nuwe daeraad

waarom doen sy dit?
sou jy nou vra
het sy hom dalk lief
of is dit die belofte
aan sy sterfbed vrou
sy sal net een antwoord
gee

hy is my vriend


Droomvrou

My Droomvrou

jy is alles wat ek
 in n vrou soek
jy is my droomvrou
besef ek nou

jy is besonders mooi
veral van binne
maar ook van buite

ek is totaal versot op jou
in die ou dae sou jy die
vrou wees
"that launched a thousand 
ships"
waar ons sou gaan oorlog
maak ter wille van jou

jy is slim ook
veral met mense
want jy het n magneet
wat almal aantrek
wat maak dat mense
sug
"was ek ook maar so"

jou geloof is kinderlik
sterk
selde sien ek jou
sukkel om te glo
want jou anker is
op die regte plek

wat van haar  mensfoute?
sou jy vra
wat maak dit saak? 
sal ek antwoord

want sy vra net een ding
wees net lief vir my!

dit kan ek nou
getuig
jy is my droomvrou
vir altyd en nog n 
bietjie

daar hoor jy nou die
waarheid
van my groot liefde
vir haar

my droomvrou
geken vir n korte
stonde op hierdie
aarde