Sunday, August 30, 2015

Afskeid

Die afskeid

Sterk afrikastemme
met dans
is die inleiding
tot die afskeid na twintig jaar

Sy staan en luister
na die stemme
van medewerkers
wat sing oor die
yourney van werk
saam met haar.

Dit is SSB se afskeid
aan haar wat saam met haar
gewerk het
met swaarkry en lekkerkry
van elke jaar

Die dans is tog te leķker
en haar naam weerklank deur
die bosveld se stilte.
n dans is die getuienis
van dit wat was 
en ook wat kom

Die MD se n paar woorde
hy praat van familie
dit is nie n goebaai 
maar n tyd van rus
hy praat van die yourney.
n kudu is die simbool
van herinnering
van die tyd op die
plaas

sy weet nou van waardering
vir dit wat gedoen was
die geskenke word oopgemaak 
met almal se name op
sitplek met hout wat gemaak
is
 wat vir onthou bedoel is

Al die oudstes kom na 
vore vir n spesiale dankie
n traan word gepik tydens
die laaste woorde
van die leier van
vele jare

Aan die einde is daar n gebed
in Afrikataal gedoen
wat vertel van verheerliking
van die lewende Heer.
net die laaste aksie is oor
saam eet vir oulaas

en die Afskeid
is klaar.


Aavaarding

Aanvaarding

aanvaarding is deel
van verandering
die moeilikheid is
dat mens so lank 
vat om daar uit
te kom
vraag bly
wat is dit?

vraag bly
hoe doen ek dit?

op n selfoon
whats up boodskap
lees ek
verander wat jy kan
en los dit wat jy nie
kan verander nie

nou bots my binneste
daarmee
hoekom moet ek dit
nou doen

want ek is n drywer
ek is dan n change agent
die lewe leer jou oor tyd
dat die selfoon gesegde
dalk n waarheid
beet het

skielik is my insig
anders
nou het ek n strategie
goed of sleg

hoe doen ek dit
is die volgende vraag

die proses dwing my
hard
eers ontken ek dat dit gebeur
dan blameer ek almal 
dan kyk ek wat score ek
dan begin ek stukkies
aanvaar
Dan is ek daar
aanvaar dat alles
verander het

die teorie leer my dit
maar van die seer
se hul niks
dit moet ek self
beleef

verandering is wat
ek elke dag beleef
liefde is die een
verandering
wat ek positief wil
beleef

koestertyd kan my help
om my wintertyd van die
liefde
tee te werk

daar weet jy ook my storie
van verandering
wat ek beleef


Fort Nottingham

Fort Nottingham

Fort Nottingham is
die rede vir die
naam van Nottingham Road

Op sy
eindpunt sit die fort
omdat dit Zululand is was die
fort gebou om die
Zoeloe impies te help
beheer

Lt Col Ian Butler van die 
Kings Own Fussiliers
was in beheer van die
fort toe dit gebou was
in 1870

Hy het die fort vernoem na
sy hometown in die
Great Britian van daardie
tyd 
waar hy sy lady gelos
sodat hy die Zoeloes n les  kom
leer hier in Zoeloeland

Vandag is Nottingham road
n plek waar shoppers
kom om hulle gaar te koop
van tierlantynjies tot bier
wat hulle uitsuip soos 
n hanslam sy ma uitsuip as
die boer nie kyk.

daar gaat ons 
se die witkop
soos sy dartel van een winkel  na die
ander
van een junction na die volgende
en met geen gedagte aan die
pyn en lyding aan die 
die Lt Col wat die fort moes
 bou.

kleinste is gelukkig en tevrede
want hy kan speel na hartelus.
op die speelparkie
van die junction
terwyl pa en ma hom dophou
met n oog want hy is wild vir
sy ouderdom op die swaaie

die rede vir al die aksie
is die plek met die naam van
Nature Villlage

Sy wat droom van dwergies en 
feetjies in Switserland
is die nuwe koningin van shopping
en almal moet in Anton se koets
spring om haar koninkryk te verken

sy het besluit om haar prinses
in die geheimenisse
van shopping te leer op die
Nature Village manier en so gese
so gedaan

die verkenning is nou klaar
al wat oorbly
is die werk
om Nature Village
te vorm na haar droom.


Klein gelukkies

Klein gelukkies

Net soos die mier
op sy feromoonspoor
op soek na  stukkies kos
 na klein gelukkies 
om hom te voed

so is ek ook op my spoor
op soek na stukkies geluk
veral saam met jou
veral. saam met jou
op soek na stukkies geluk 
om my liefde te voed

Net soos die mier
op sy feromoonspoor
op soek is na  stukkies kos
 na klein gelukkies 
om hom te voed

toe ek jou ontmoet het
was jy n stukkie geluk
wat my gevoed het
my vertel het van hoe 
dit kan wees saam met jou

Net soos die mier
op sy feromoonspoor
op soek na  stukkies kos
 na klein gelukkies 
om hom te voed

Toe ek jou beter leer ken het
het ek geweet dat jy n groter
gelukie is en nie net n 
krieseltjie geluk is nie
jy is toe die voedsel vir
my siel

Net soos die mier
op sy feromoonspoor
op soek na  stukkies kos
 na klein gelukkies 
om hom te voed

Noudat ek weer alleen is
weet ek dat ek moet soek
na stukkies geluk
want sonder dit
kan ek nie meer
stukkies geluk is vir my bedoel

Net soos die mier
op sy feromoonspoor
op soek na  stukkies kos
 na klein gelukkies 
om hom te voed


My versorger
wanneer sy met
plastiekhandskoen my
seer versorg
wonder ek wie
sal haar seer versorg
die dag wat sy dit nodig het
van om elke versorging 
n sukses te maak
n aanmoedigende
woord is haar manier
haar passie is haar werk
sy het bedside manners 
wat baie mense by haar
kan kom leer
deur net te luister en te kyk
op die mens wat sy is
wat vertel van haar lewensloop
van om ander mense te help
het sy gebring spaarsamigheid
dat ekonomiese gebruik
van middele belangrik is
geen vermorsing word geduld
die stonde van versorging
is te kort
maar tog voel ek tuis
by haar
so tuis dat ek my hartsake met
haar sal kan deel
sou dit moet
is verby
dankbaarheid wel in my op
want my seer is versorg
en ek voel beter
is die wonder
oor wie sal haar seer versorg
wie sal die moeite doen
wat sy vir my gedoen het
onbeantwoord bly
wie sal haar menswees
seer versorg
beminde is


Vlytig is haar vingers
As ek haar aanskou

Gefokus is sy op haar werk

Sy is vriendelik maar professioneel

Wie is sy?
die vraag is om n antwoord te kry

Uit die staatshospitaal 


Min weet ek van haar

My minuut van verpleging

Al wat nou oorbly in my

Die ander vraag sal 
hopelik is dit jy wat haar


Sunday, June 7, 2015

wanneer jy

Wanneer Jy


Wanneer jy by my is is ek baie gelukkig
Wanneer jy saam met my ry
 se jy daar gaat ons
Wanneer jy saam met my op die stoep sit
 is daar vrede in my gemoed
wanneer jy my hand vashou
gaan my hart doef doef
Wanneer jy saam met my swem
 is dit vir my lekker
wanneer jy lag as jy gelukkig is
is ek bly
wanneer jy down is sak my son
wanneer jy siek is wil ek jou net versorg
wanneer jy lag is die son helderder vir my
wanneer jy lag sien ek net goud
wanneer jy nie by my is nie
verlang ek my dood
wanneer jy nie by my is nie
 is ek nog steeds lief vir jou
wanneer jy by my is
 weet ek ,ek is baie lief vir jou

my sielsgenoot vrou

Verandering

Verandering
verandering is die enigste
konstant se die
konsultant


in my lewe die
afgelope twee maande
ervaar
alles het verander
die saam swem is weg
stoeppraatjies is nie meer
daar gaat  ons
is verby


wat nou gemaak
hier op twyfelfontein?


alles het verander
koestertyd is daarmee heen
oplossings vind vir 
uitdagings is klaar
pamperlangsessies
is nie meer
dit het in die niet verdwyn.
oggendpraatjies voor werk
het verdwyn


want die hawelose
domineer
alles het verander
oor jou skouer loer
die norm
sakke onder die oe
vel vol knoppe
wat nie deur
justine gekeer kan word


die hawelose bly regeer
die vreugde van saamwees
is totaal verander.


wat nou gemaak op
twyfelfontein?
bly net glo ek het hom 
nie lief dit moet jy weet


ek weet nie hoe 
om die hawelose
te laat vertrek
so ons sal dit maar doen
want hy het ingetrek
sonder om te vra


breed sit hy in die kerk
vir almal om te sien
met sy kleed van gelowigheid
nou al wat ek kan doen
is om die verandering te 
aanvaar 


die proses bly
ontkenning
blamering
dan begin om aan te pas


finale stap is
aanvaarding van die hawelose
as die toekomsblik
van magdalena


my vraag bly
wat nou gemaak hier op
twyfelfontein