Friday, May 30, 2014

Bossiekop

Wie is bossiekop?
die vraag steier teen my vas
soos ‘n golf van die see
teen die rotskus vas
wie is bossiekop?

die vraag steier teen my vas
soos die water oor my stuif
van golwe gespat oor my lyf
wie is bossiekop?

sy is die een wat my bekoor
wurg ek die antwoord uit
die trane stort soos ek
dit stamel
by eetplek lank gelee

sy is die een met sneeuwit hare
met vonkel in die oog
wat guitig kan lag
wat se mond soos wynkus proe

sy is die een wat my sterre, son en maan laat sien
wat my laat verstil
as ek haar sien of dink
sy is die enigste

bossiekop vir my

Notule

Die ontmoeting
die mosadi van die plaas
die mosadi van die dorp
ontmoet by die beeskraal van Nguni
vir gryse induna van afrika

die indaba is gereel
om te verseker dat
nuwe lewe sal kom in dorre
vlakte van elke dag bestaan

met rondomtalie gesprek word
verlede ontdek en toekoms voorpel
met kaarte onbekend

die water vloei soos fonteine
uit Dorland van gemoed
helend maak dit sandvlakte
n vlakte van malse vreugde

die planne word gesmee
die spiese word geslyp
vir woorde en sinne
wat gepraat moet word

die ontmoeting het sy doel gedien

toe gryse baard gestreel word

Thursday, May 22, 2014

Faan se trein

Faan se trein
Ek is faan
Van faan se trein
almal se ek moet nie gaan
op faan se trein, want hul is lief vir my

my koffer is op my bors
volgepak vir my reis
op faan se trein
my kleed is daar, die kleed van liefde
is al wat ek het
die trein stoom voort en ek is faan op faan se trein

die kis is gemeet en ek het dit gemaak
Vir my geliefde- dit geplank
op die eensaam bult het ek gese
ek gaan op faan se trein

die kwikkies is nou groot en ek kan gaan
op faan se trein
ek hoef nie my meer te kwel
die here sal sorg

die wind jaag deur my gesig
my baard is nat – die water stroom uit my oog
want ek is op faan se trein
die wiele klik klak op my reis

met faan se trein

Saturday, May 17, 2014

Die vraag

Die Vraag
guitig vra sy voor ek weet
het jy my bietjie gemis?
bonsend atwoord ek te laat
Ja ek het jou gemis?

my antwoord is wyer as dit
jou menswees het ek gemis
jou helder lag het my verbygegaan
jou lyfie was weg vir my
jou bekoring was my nie beskore nie
jy was vir my verlore

die volgende vraag was ek ook te laat
is jy nog ‘n bietjie lief vir my?
my antwoord le wyer as dit
my uitspansel het verdof
my sonnetjie het gesak
my bad het leeggeloop
my hart het verstil
my asem is op

Het ek jou gemis vra jy my?
Het ek jou nog lief vra jy my?

my antwoord is nou anders
nooit weer mag jy weg wees
sodat jy nie weer die vraag kan vra

maar ek sal antwoord voor jy vra

Diepe Rou

Diepe Rou
‘n tyd het gekom en gegaan
die tyd wat gekom het was die liefde gewees
die tyd wat gegaan het was die liefde wat getaan het
my in die dieptes van rou gegooi het

my borswerings van kind wees laat opgaan het
wat my beskerm het toe
spottaal my lewe versuur het
al wat ek kan doen is om
stil te word en te verwerk wat met my gebeur

neskrop aan die voetheuwels van die waterberg
Marais se loopplek en kennis van sy smart
“O koud is die windjie en skraal”
 is die refrein wat in my kop maal

ek moet keer
dat my smart en die rouproses
nie my menswees tas
my laat sink in die dieptes van smart
die trane van rou oor my hartkamers rol
my bloed verdun tot geen krag meer gewe

aan die einde is daar maar een raat
vermy en laat die pret en plesier hoogty vier
   laat wyn se taal my lewe
laai met tydelik plesier


Is dit die antwoord?

Juli

Juli
met vlytige hande en druk
word my gespanne lewe
verander deur Juli

met fietsry en oefen van
staffie bly sy fiks om
my te verander in
ontspanne mens
mens wat weer sin het

aan einde van my sessie
vat sy my in trans
soos met n boesman dans
ek dryf weg van hede bestaan
en droom van nuwe horisonne

wie is Julie?
wat doen sy?

sy is Julie - wat onaantasbaar is
een wat in my gedagtes sweef
soms dwingend - soms vergetend
maar altyd bewustend in my gemoed

sy is Juli - wat kunstenaar is

van liggaam en siel

KALAGADI NAG

Kalagadi nag
Die kalagadi nag is
 flonkerend van diamante
wat my pad verlig
wat die stilte in my ore laat suis
wat my seker maak
van my nietigheid

die melkweg is daar
elke aandlig sterbesaaid
as ek my arm uitsteek sal ek dit vat
sal ek dit kan proe

met donder gedreun en flitse
op die horison van duine
kry ek die belofte van reen
op die dorland van my lewe

met gemsbok wat skommelend draf
en springbok wat pronk
met jakkalsdraf by watergat
dwaal my kop na aandlig prag
wat ek weer gaan sien.

Met vuurlig dansend sink ek weg
In my swewend gedagtegang

Van my Kalagadi nag