Sunday, January 3, 2016

Die huis van die vier winde

Die huis van die vier winde

in die waterberge
staan daar n huis
die huis van die vier winde
ek het daar gebly
die huis waar die
pofadders onder die
gasvrieskas bly
warmte soek teen die
koue winde wat waai
oor die huis van die vier
winde

waar ek in die aand
by brandend
kerslig beweging
sien uit die hoek van
my oog
maar as ek kyk
is daar niks
die huis van die vier
winde

katabatiese en anabatiese
winde wat deur die
die son en kranse
gereguleer word

house of the rising sun
speel op my transistor
en ek word koud
in die huis van die vier winde

wat is soos die vlieende
Hollander skip wat vaar
maar jy kry hom nerens

uit die misnewels
sien jy die huis en binne is
dit elegant met kristal kandelaar
en trap
as jy weer kyk is dit weg
toegevou in newels van
wit wolke
hierdie huis van die vier winde

en jy sien vir marais waar hy
gebukkend skryf aan die
siel van die mier
op die skryftafel
van die huis van die vier
winde

en jy weet dit is waar
oor die huis van die vier
winde van die waterberge
waar ek gebly het

dieselfde as die bermuda
triangle waar skip en vliegtuig
vir ewig en altyd vlieg en vaar
dit is waar die kantgordyne
wapper in die huis van die 
vier winde


Kersfees en konflik

Konflik en Kersfees

elke kersfees beleef ek dit
om aan konflik te dink
nie omdat ek wil nie
maar omdat dit in my lewe
opmerklik was
as ek op oukersaand
en op kersdag op
die grens was het ek konflik
beleef op verskille
tussen  ideologie
ek was tussenin
vasgevang

toe het ek konflik
beleef om die kerstafel
wat ek gewonder het
waarom hulle se geseende
kersfees
voor die tyd
as die familie bymekaar kom

so het ek gesmag na n konflikvrye
kersfees
my lewe lank
moontlik was dit die drank
wat die moeilikheid
veroorsaak het
miskien iets anders

vandag was dit anders
die enigste konflik
wat ek beleef het
was in die cowboy boekies
wat ek gelees het.

vandag was vir my
n konflikvrye kersfees
die dag is verby

en ek het nog net my
interne konflik oor
maar niks meer
tussen familie
nou dink ek 

Geseende Kersfees


Balansstaat

Balansstaat

Wanneer die vuurwerk begin
dan weet ek iets
daar is n nuwe begjn
maar laas jaar
moet ook opgeskryf
word in die balanstaat
van die jaar

Waaroor gaan die balansstaat
van die jaar?
die balanstaat van die jaar
vertel van die verliese
en winste van die jaar.
oor die menswees goed

hierdie is nie n staat van koue
syfers nie
dit is een van emosieonele
syfers 
van mense
wat het ek gewen en wat het
ek verloor het

het ek nog my familie?
het ek nog my vriende?
is hulle wat belangrik is vir my
nog daar?

waar staan my grafiek met
hulle elkeen?
is dit vir my goed of.sleg?

daardie antwoorde kan ek maklik
lees as ek net
die balanstaat wil vat
en dit beskou
 eerlik is met myself

Sou ek dit doen op die
laaste en eerste dag
dan sal ek waarskynlik
beter kan sien wat om te doen

maar wie wil dit nou doen
pret en avontuur
niog n dop en nog n keer se
pret en plesier
is einlik belangriker
as dit alles saam

vergeet almal en allles
want dit is nuwe jaar
daar le net opwinding voor
geen traan in my oog 
net vorentroe
die afskeid 
van die oue is gedoen
nou n nuwe balanstaat
oopmaak
vir my emosionele geluk
soos ek dit wil he.

my vraag kom met n harde
slag terug na my
en ek wonder oor
die balansstaat voor ek dit
opskeur in vladderende
papier


Kies tussen Mammon en God

As ek moes kies tussen 
god en mammon
wat sou ek kies?


Die antwoord is maklik
dink ek gou
natuurlik god

maar dit is toe
nie so maklik nie


verskuild kom mammon
in snaakse gedaantes
onherkenbaar vermom
wolf in skaapklere getooi
se die spreekwoord


ek weet nie eers ek word
getoets nie
ek sien dit nie raak nie
ek dink dit is die pret en plesier
wat rondom my is
wat belanģrik is


dit is mos nie mammon nie
niemand gun my geluk nie
is my kreet


Skille op my oe val weg
en heldere blik ontstaan
nou kan ek beter sien
wat die toets was


die toets wat ek deurstaan het
die toets wat my laat kies het
tussen God en mammon
die toets wat ek in harde
werklikheid moes voltooi

Sunday, September 6, 2015

My hart se punt

My hart se punt

Ek het nie geweet dit is 
so lekker om ouma te wees nie.
omdat hulle ver is
en ek net af en toe
oums kan speel
is dit ekstra spesiaal
vir my

Daar is nog een oppad
en dit is sommer dubbel
bederf ek kan amper nie 
meer wag nie

Ek kry maklik n verskoning
in n winkel om iets te koop
vir my hart se punt

dit is en bly vir my lekker
die kleertjies vir die nuwe
een wys ek vir almal
en oooo sug elkeen 
dit is so klein brom die mans
dit is so fraai
kraai  die vroue

daar gaan weer havoc wees
die week maar ek gee nie
om nie
my kleinste is weer by my
al is dit net vir korte rukkie

my foon gaan weer 
kreun van al
die fotos maar dit
maak vir my lekker
memories
wat my eie
koestertyd word

dankie my Heer vir die groot
genade
en aan jou my dogter
kan ek se 
ek is baie lief vir jou


Towenaar van my hart

Towenaar van my hart

Na worstelnag het ek 
na jou gegaan met 
vaste wete
dat ek jou moet se dat
ek sal moet gaan

Met moeite tot die besluit
gekom
want sien ek het jou liewer
as myself

soos jy weet 
my droomvrou is tog jy
My rede is geen ander man
dit het net geword n lee bestaan
sonder koestering 
en eensaam tyd

die tyd saam met jou
is net oppervlakkig
met lippetaal van ek het jou lief
maar koestering
is nou  n veraf droom

die towenaar van my menswees
gryp my vas
en dop my om
maak my alles weer vergeet
ek kyk in daai onpeilbare oe
en sy se 
jy weet mos ek is lief vir jou
ek wil nie sonder jou wees

snaaks genoeg glo ek haar
want sy kon tog se
laat jy gaan !!!

sy koester my skielik
soos net n vrou kan
en ek is verstom en bly
dat sy my wys dat sy omgee
deur daad bevestig

Hoe nou vorentoe is 
die volgende vraag

al wat ek dink is dat ons
moet praat om dit te bestuur
die opskerping moet doen en nie
sommer aanvaar
dat dinge nie verander het nie
al het die gevoel nie verander nie.

nou wil ek weer vorentoe gaan 
want hoop het nou weer plek gevind
want my towenaar betower my weer.


Die soldaat

Die Soldaat


die stoomtrein blaas sy
bolle stoom oor die
perron
die kondukteur blaas
sy fluitjie
die masjinis antwoord
oorverdowend met die trein
se fluit

sy staan op die perron
truitjie swart en wit
om vir my goebaai te se
want ek gaan weg
my trommel balsak en geweer
is gepak in die kompartement

ons kan mos nog vriende wees
was haar laaste woorde
asof dit nog belangrik is

in my kop wonder ek
want my sheila se ducktail wag
op sy bike vir haar
om te kom
vir hulle volgende avontuur

die trein stoom uit met
n lang fluit
die waens ruk
en ons weet ek is op pad

by die fonteinedal dwaal my gedagte
na my sheila
waar ek en sy gekuier het
toe ons nog gekys was

gou is dit agter en hoe verder
ek gaan 
vervaag my gedagtes
al hoe meer
terwyl die bike voortsnel
weg van my
my sheila word net
n hersenskim

met elke klop van die
spoor is ek op pad
weg van my sheila
en haar nuwe avontuur
klouend aan haar ducktail
om nooit weer te sien
nooit weer hartseer
te ervaar
vir altyd en altyd verby

maar die einde is dit
nie vir my
want n nuwe oorlog le
nog voor
voor die laaste taptoe
sal speel

in my bunker wag ek vir
laaste lig
meteens is my sheila daar
waar ek le met my R1
en my helmet
en onthou ek
van my liefde
vir haar

terwyl die son sterwend
daal
dit is al