Sunday, June 7, 2015

Een maal liefde

Eenmaal liefde
Weet jy wat is eenmaal liefde?
Het jy dit al ondervind?
Ken jy die gevoel wat eenmaal liefde is?

Eenmaal het ek dit ondervind
Eenmaal het ek aan die beker gedrink
Al was dit net vir n korte stonde
Vir  my alleen beskore

Vir jou kan ek vertel
Van daardie liefde
Die liefde waar ek soos n hond
Op my baas se graf le tot die dood

Daardie liefde soos van Romeo en Juliet
Wat geeindig het in tragedie
Die liefdesverhaal van die eeu
Tussen jou en my

Daar sal weer ander liefdes wees
Maar nooit ooit een soos die
Liefde wat gegee was
Soos wat liefde bedoel was

Hoop jy vertstaan nou
n bietjie meer van eenmaal liefde
Soos vir jou


een aand

Een aand

Een aand lank gelee
By eetplek ver van hier
By kerslig flonkerend
Het dit gebeur

Jy was oorkant my
Jou gesig sag en weerloos
En jy tog so mooi vir my
Stip starend na my

My hart kloppend in my keel
Kon ek net staar
Na hierdie wonderwork
Oorkant my

Alles  vervaag rondom my
Waiters verdwyn
Musiek klanke word n melodie
die kerswas vorm patrone
en my hande begin sweet

ek trek jou hand nader
vou dit toe in my ruwe hand
n gevoel wat ek nie kan beskryf
wel in my op

fluisterend buig ek vooroor
sodat jy naby aan my kom
en ek se vir jou

ek is lief vir jou

jou gesig verander
jy is gelukkig besef ek meeteens
jy voel ook so
verstaan ek skielik

die knop in my keel
moet ek wegsluk
want dit is nou daar
dat my liefde vir jou is geopenbaar

dit kan nie meer weggaan
dit is vir altyd en nog n bietjie daar




die weg

Die Weg
dit is weer erediens
die lied wat speel is
he aint heavy he is my brother
soldate is die fotos
my trane biggel - ek kan nie eers snik
onbedaard
ek kan dit nie keer
miskien is dit omdat ek daar was
miskien is dit omdat ek
‘n klein ietsie van die HERE se liefde verstaan

Jesaja is die woordgedeelte
wat vertel  van die pad wat die voorberei is
die hoofweg na die nuwe Jerusalem
wat anders gebou is as
die wit klip jerusalem

noudat ek weet van die pad
kan ek dit sien in die bybel
orals se dit vir my
van die pad van Jesus
op aarde – van palmtak tot samaritaan

mense nie in my pad maar mense
saam met my op die pad
nooit in my pad

weereens het ek geproe aan die liefde

wat Christus ons bied

die kas

die kas

kerslig brandend flou
buigend is mensekind
besig om te skryf
aan dinge van binne die hart gele

dinge diep gebere
wat nou na boontoe beur
eendag as ek dood is
sal dit vertel  van my

dit sal vertel van my diepe seer
dit sal vertel van my blye lag
dit sal vertel van dinge gedoen
wat niemand weet
en die een sal se
 ek het nie geweet jy is so diep nie

my kas het een geword met my
elke veeg wat ek vee maak die kassie
myne en myne alleen
dit word my liefde geprojekteer op hout

ek kan dit nie vashou nie
maar ek kan dit ruik
ek kan dit sien maar dit is
tog ook op sy eie

bewondering noudat dit klaar is
word my eenvoudig kas
n trotse deel van my bestaan
dit word n deel van my latenskap
aan mense wat my siel sal ontdek

ek is ver opgespoor
op die blad
wat altyd weet
waar alles is

duisend kilos was hy weg
nader gebring en gewonder
wat is my skryftafel se storie
van begin in n gedagte
tot nou toe

jou oue lyne
is nou by my
vir solank ek leef
ek sal jou koester

vir altyd want ek het jou gevind

die hel

die hel
vroeg in my lewe het ek gehoor van die hel
van die duiwel en sy gesante
van my ouers af het ek gehoor
van die predikant met sy bulderstem

min het ek verstaan wat dit beteken
by gamkaskloof het ek gehoor
 die hel is sy eintlik naam
al die jare het ek gewonder
waar is die hel?
Min kon my se
min kon dit verduidelik

eendag het die lig opgegaan vanaf wyse man
dit is waar jy vir alle ewigheid van God verwyder is
waar jy nie sy goedheid en sy werke kan ervaar

die verduideliking het ek aanvaar
want ek het besef dat liefde gaan
oor om by God drie - enig te wil wees

in my aardse dimensie het ek
geleer om lief te kry
seermaak lief, blydskap lief
oneindig lief
Romeo en Juliet kan maar gaan slaap
So lief het ek gekry
My aardse hel is om van jou weg te wees
Om in eensaamheid gedompel te wees

Sonder jou my beminde

De Rust

De Rust
Dit is die plek van herie
Langs die pad
Na Oudsthoorn

Haai kyk daar
Dis n pers olifant
Haai kyk daar
Die winkeltjie

Voort jaag ons
die verdoemenis is

na al die jare kan ek stop
op my journey of life
kyk na die mense van De Rustr

ek sal wag
se die karwag
sys al vir my n ietsie
gee vir n broodjie meneer

don’t drink and fly se die bordjie
van die heks op haar besem
die winkeltjie roep my
kom koop ietsie
roep die bordjies van De Rust

almal jaag verby
behalwe ek
ek is weer n jong vrou
droom van feetjies
en dit soek in kleine
winkels van De Rust
by herrie
 die pers olifant se laaste staanplek

my siel is gevoed
ek het
kon stop
by die pers olifant














Amanda

Amanda

Amanda is jou naam
laat my dink aan amandels
mooi is die witte bloeisels
net soos jy

die blom wat ontvou het
is soos jy
eers gegroei en oopgevou
wou jou toe al vashou

nou het jy wasdom as vrou
bereik – voorberei vir my
na n lange lewe

waar jy nou
my bekoor as vrou in die fleur van haar lewe
n vrou met skakerings
van die lewe
rustig maar geheimsining

aantreklik en mooi vir my
bekoorlik as jy jou hare wegvee
 as jy konsentreer op die syfers
wat voor jou oopvlek

tog weet ek
Jy kan nog droom
droom van romantiese sypaadjie tafereel
droom van liefde al is dit so skaars
ek weet dat jy sag is in jou hart
dat jy baie liefde in jou saamdra

dat jy jou liefde sal verstrooi
net soos die amandel bloeisels
wat voor die wind
sagkens neerdaal

so sal jou liefde neerdaal
ook op my
dit sal verstrooi wees oor my
en ek sal hardloop soos n kind om dit alles te vang
sodat ek dit in my hart kan koester
as ek jou nie meer vind

op die einde vra ek jou

wees my amandelbloeisel nou